Monday 11 March 2013

Outing to the Taalmonument


Almal, leerders en onderwysers, was baie opgewonde toe ons Vrydagoggend,
8 Maart 2013, die pad vat Paarl toe.  Selfs die reën kon nie ons vrolikheid demp nie.  By die museum kon leerders sien hoe mense 150 jaar gelede gewoon het.  Die matrikulante het veral die snaakse plekname geniet, soos bv.
“Tweejakkalsemeteenskootdoodgeskietfontein”.  



Die Muslimleerders was aangenaam verras om te hoor dat die eerste Afrikaans in Arabiese skrif geskryf is deur ‘n Imam in die Bo-Kaap.

By die Taalmonument het die reën met mening uitgesak, maar sodra dit ophou, was ons uit om na die gidse se verduideliking van die betekenis van die verskillende simbole te luister en veral hoe die verskillende tale en kulture tot die vorming van Afrikaans bygedra het.

No comments:

Post a Comment