Monday 26 August 2013

Altyd en vir Ewig by Jade Solomons Grade 9

Waarom dink ouers altyd dat tieners te jonk is vir ware liefde?  Jamie en Aiden het van die begin af geweet dit is Altyd en vir Ewig.

Jamie se vriendin, Taryn, het ‘n Oujaarsaand-partytjie by haar huis gehou, en ‘n paar vriende genooi.  Jamie en Taryn is albei 15 jaar oud.  By die partytjie het Jamie vir Aiden opgemerk. Aiden is 16 jaar oud en - snaaks: elke keer as hy na haar kyk, word haar bene lam.   En toe begin hulle gesels. En gesels.  Teen die einde van die aand vra Aiden of hy weer vir Jamie kan sien.

Die volgende Vrydag het Jamie baie gelukkig gevoel, want sy sou Aiden die volgende dag weer sien. Haar ma het Jamie se goeie bui opgemerk.  Haar ma vra haar uit. Jamie besluit om haar ma van Aiden te vertel, en haar ma was baie gelukkig.

Maar toe haar pa daarvan te hore kom, was hy baie vies. “Jy is hopeloos te jonk om met seuns uit te gaan!” roep hy uit.  Maar in sy hart is daar ‘n benoudheid.  Hy besef dat sy dogtertjie besig is om groot te word, en hy wil haar nie loslaat nie.  “Nonsens, jy sien nie weer vir daardie seun nie,” sê hy.  Jamie storm in trane na haar kamer toe.

Die volgende dag het sy haar ouers gevra of sy by Taryn kan gaan oorslaap, en hulle het haar toestemming gegee.  Toe sy by Taryn aankom, het sy haar treurige storie vertel.  Maar Jamie was steeds vasbeslote om vir Aiden te sien, en sy het vir Taryn laat belowe om nie vir Jamie se ma of pa te vertel dat sy – Jamie – daardie middag vir Aiden sou ontmoet nie.

Daardie Saterdagmiddag het Jamie senuweeagtig in Canal Walk gestaan en wag vir Aiden. Toe hy opdaag, neem hy haar na ‘n roomys-winkel, en daarna stap hulle met roomyse in die hand na Wonderland.  Daar het hulle op dansmatte gedans en toe hulle moeg was, op die rusbank gaan sit en gesels.  Hulle het gelag oor hoe hulle gedans het.  Jamie was dolgelukkig.  Maar toe breek die tyd aan dat sy na Taryn se huis moes terugkeer.  Aiden het saam met haar na Taryn se huis geloop. 

Nou was die twee smoorverlief, en daarna het hulle altyd gereël om iewers te ontmoet, sonder dat Jamie se ouers geweet het. Maar ná twee weke besluit Jamie sy kan nie so agter haar ouers se rug aangaan nie.    Sy móét haar gevoelens met hulle bespreek.

“Ma, pa…” begin sy die aand oor aandete.   “Ek kan nie help nie, maar ek het weer vir Aiden gesien…”

Haar ma en pa staar verstom na haar. “Wat!” bars haar pa uit.  “Wag nou, ou man,” tree haar ma dadelik tussenbeide.  “Kom, laat ek en jy net gou ‘n bietjie gesels,” en haar ma neem haar pa na die slaapkamer, en los vir Jamie alleen in haar benoudheid.

Toe haar ouers ‘n rukkie later weer in die kombuis verskyn, het haar pa ‘n bietjie meer ontspanne gelyk.  “Nou maar gaaf, “sê hy, “Maar eers moet ek die knaap ontmoet. Sê hy moet môre-aand vir aandete kom.”   Die volgende dag het Jamie se ouers vir Aiden ontmoet – en van hom gehou.

Van toe af was Jamie en Aiden gekys. Hulle het hul verhouding baie ernstig opgeneem.  Hulle het ook besef dat hulle nie net vriende kan bly nie, en dat hulle die verhouding verder wou neem. Mettertyd het hulle oor trou gepraat, en die kinders wat hulle eendag wou hê.


Twintig jaar later is hulle steeds gelukkig getroud, met twee kinders van hul eie. Hulle het ‘n seuntjie, Austin, wat tien jaar oud is, en ‘n dogtertjie, Jackie, wat 13 is.  Die gesin is klein maar geheg en baie gelukkig.

Wednesday 14 August 2013

Ariana String Quartet from the University of Missouri

The Ariana String Quartet from the University of Missouri visited us at GHSHS on Monday, 12 August 2013.  They rendered an extremely energetic performance to the whole school,  thereafter they showed the music girls the structure of the instruments and how sound is produced on each. 

Comments from learners:  Yo,  ma,am!  That was awesome!  The girls thoroughly enjoyed the experience and were confident enough to ask intelligent questions.  

Well done, Girls!